Anica, Lihan en Benig.
Dit is vandag die 24ste Maart 2013. Ek was die naweek in Polokwane om by Lihan en Brenig te gaan kuier. Om julle twee te sien maak soveel emosies in mens los, ek hou nie daarvan om totsiens te se tot ek julle weer sien nie, dit voel vir Pappa so verkeerd. Ek is nie elke dag by julle nie, dit is nie maklik nie, ek weet julle verlang baie na my. Ek verlang self elke dag na julle!!
Julle wonder sekerlik hoekom ek hier begin skryf het, wel julle: Ek het nooit ‘n Pa gehad nie, dit het maar moeilik gegaan op tye en ek sal tot vandag toe graag nog ‘n Pa wil he – (Ek gaan julle meer hieroor vertel soos ons aangaan) As julle eendag our is gaan julle wil lees en ek dink die is die beste manie om julle ook ‘n deel van my te maak, op my eie manier.
Sus, ek verlang ook na jou. Ek het jou verlede naweek laas gesien, dink dalk hierdie naweek is weer tyd om jou te sien en saam jou die dag te spandeer. Ek is seker ek sal daar uitkom.
Kom elke dag terug, of druk hierdie en lees dit. Julle het ook dan vir my by julle!!
Pappa!!